Media Center |
|||||||||
Trellicor open nuwe Kuruman-franchise19 May 2010 Trellidor brei uit met die bekendstelling van ’n nuwe franchise in Kuruman. Die franchise-eienaars, Johannes en Blanche Coetzee, is al 2 jaar deel van die maatskappy en was voorheen die agente vir Trellidor se franchise in Kimberley. Hulle is sommer baie trots op hulle eie Trellidor-verkooppunt. “Ons span is klein, maar ervare en vir ons is die klant koning. Noudat ons op ons plaaslike gebied kan konsentreer, kan ons hierdie filosofie in die praktyk uitleef,” sê Johannes. Die franchise het die volledige reeks Trellicor-produkte. Dit sluit die alombekende Trellidor-sekuriteitsversperrings vir deure en vensters in, asook Coroma-motorhuis en nywerheidsdeure en Roll-Up Serranda-rolluike. In hierdie groep produkte is daar ’n sekuriteitsversperring vir elke opening – van die kleinste venster tot die heel grootste pakhuisingang. Hierdie gebied was eers deel van Trellidor se Kimberley-franchise. Kuruman het nou ’n toegewyde span sekuriteitskonsultante en installeringstegnici. Hulle is dus meer beskikbaar vir inwoners wat teen die toename in roofaanvalle in die huis, op die plaas en by die besigheid moet terugveg. “Ons is nou nader aan die gemeenskap en daarom kan ons vinnig reageer op noodgevalle soos inbrake waar mense beveiliging dringend nodig het,” sê Johannes.
Die span bestaan uit Johannes, Dirk Mostert en Moses Howard wat konsultasies oor beveiliging hanteer. Dirk en Moses is ook vir die installerings verantwoordelik. Hulle installeer die Trellicor Groep se volle reeks produkte. Wanneer die werk afgehandel is, verduidelik hulle aan klante hoe die nuwe sekuriteitversperrings gebruik en versorg moet word. Blanche bestuur die kantoor, en sy en Louisa Engelbrecht, die ontvangsklerk, is die eerste mense met wie klante praat. Hulle reël afsprake vir die konsultante en installeerders en hou klante ingelig oor die vordering van hulle bestellings. “Ons doen graag gratis sekuriteitsopnames om plaaslike inwoners te help besluit wat die beste manier sal wees om hulle huise of kantore te beveilig. Ons kyk na sekuriteit wat reeds by die perseel is en beveel dan ’n pakket van produkte aan om dit te verbeter,” sê Johannes. “Dit kos net een telefoonoproep na ons kantoor en ons sal ’n besoek reël wat die klant pas.” Terreinbesoeke is noodsaaklik omdat Trellicor se sekuriteitversperrings vir deure, vensters en ander openinge na maat gemaak word om elke opening perfek te pas. Dit verseker ’n presiese passing wat kritiek is vir die produk se vermoë om ’n aanval te weerstaan. “Ons meet die opening wat beveilig moet word, spesifiseer die korrekte produk, en installeer ’n sekuriteitsversperring wat in ons ultramoderne fabriek pasgemaak word.” Die nuwe franchise is te Stewartstraat 36, waar ’n toonkamer geïnstalleer is sodat klante self die produkte kan kom toets. Inwoners is baie welkom om die span by 053 712 1373 te bel vir advies of om ’n afspraak te reël. GeneralArticlesPress Releases |
|
||||||||










“Ons beveilig nie net huise nie, maar ook kommersiële persele soos die plaaslike myne en kantore in die dorp. Ons is ook besig om ’n toonhuis in ’n residensiële landgoed te beveilig.”
