Media Center |
|||||||||
Trellicor het nou ook ’n franchise in Lephalale20 May 2010 Die Trellicor Groep brei uit met die opening van ’n nuwe franchise in Lephalale. Die eienaar van die franchise, Abrie Loubser, is al 9 jaar by die maatskappy en is baie bly om nou sy eie Trellicor-verkooppunt te hê. “My span is dalk klein, maar hulle is baie ervare en stel altyd die klant eerste. Ons kan nou op ons plaaslike gebied fokus en ons woorde in dade omskep,” sê hy.
Die nuwe franchise bied die volledige reeks Trellicor-produkte. Dit sluit die alombekende Trellidor-sekuriteitsversperrings vir deure en vensters in, asook Coroma-motorhuis ‑ en nywerheidsdeure en Roll-Up Serranda-rolluike. Hierdie groep produkte het ’n sekuriteitsversperring vir elke opening – van die kleinste venster tot die heel grootste pakhuisingang.
Abrie was voorheen die agent vir die maatskappy se franchises in Tzaneen en Polokwane. Hy het ’n volledige diens aan sy klante gebied deur kwotasies oor die beveiliging van hulle huise te gee, pasgemaakte versperrings te bestel en dit dan self te installeer. Nou het hy ’n span wat help. Hulle is Angelique Roberts wat die administrasie behartig en Johannes Monare en Lukas Monare wat met die installerings help.
“Omdat die span nou groter is, het ons meer tyd om inwoners te help wat moet terug veg teen die toename in roofaanvalle in huise, op plase en by besighede. Omdat ons nader aan die gemeenskap is, kan ons vinnig reageer op noodgevalle soos inbrake waar mense beveiliging dringend nodig het,” sê Abrie.
Plaaslike besigheid het reeds bewys dat hulle vertroue in Abrie het. Hy het skuifveiligheidshekke by die Lephalale VOO Kollege geïnstalleer. Kort nadat hy sy franchise geopen het, het hy en ’n span van Trellidor se hoofkantoor 350 huise by Eskom se Ledibeng-ekolandgoed beveilig. Hy het sedertdien ’n kontrak ontvang om ’n verdere 65 Eskom-huise te beveilig.
“Ons doen graag gratis sekuriteitsopnames om plaaslike inwoners te help besluit wat die beste manier sal wees om hulle huise of kantore te beveilig. Ons gaan kyk watter sekuriteit reeds by die perseel is en beveel dan ’n pakket van produkte aan om dit te verbeter,” sê Abrie. “Dit kos net een telefoonoproep na ons kantoor om ’n besoek te reël wat die klant pas.”
Terreinbesoeke is noodsaaklik want sekuriteitversperrings vir deure, vensters en ander openinge word na maat gemaak om elke opening perfek te pas. Dit verseker ’n presiese passing wat kritiek is vir die produk se vermoë om ’n aanval te weerstaan. “Ons meet die opening wat beveilig moet word, spesifiseer die korrekte produk, en installeer ’n sekuriteitsversperring wat volgens maat in ons ultramoderne fabriek word.”
Die nuwe franchise is te Louis Botha-Laan 3 en daar is ook ’n toonkamer waar klante self die produkte kan gaan toets. Inwoners is baie welkom om die span by 014 763 1335 te bel vir advies of om ’n afspraak met Abrie te reël. GeneralArticlesPress Releases |
|
||||||||











